KLUB FOOIE 2024
Aangesien stoei onbekend is vir baie van ons nuwe stoeiers sal daar 2 lesse toegelaat word waartydens nuwe belangstellendes gratis die oefening kan bywoon, op voorwaarde dat vrywaring vorms geteken word.
*Eenmalige registrasie fooi 2025 - R650 per stoeier
R 500 per maand, 1ste stoeier in ‘n gesin
R 450 per maand 2de stoeier in ‘n gesin
R 300 per maand vir die 3de stoeier in ‘n gesin
Meesters Stoeiers Bo 28 Jaar
Eenmalige registrasie fooi 2024 - R650 per stoeier
Maandelikse R100 vir Meesters fonds
Die registrasie fooie sal betaalbaar wees in Januarie sodra die stoei begin of sodra ’n nuwe stoeier registreer.
Klubfooie is maandeliks vooruit betaalbaar van 1 Februarie tot 1 November (10 Maande) en betaalbaar teen die 5de van elke maand.
Die klubfooie is vas per maand en word nie gestruktureerd prorata vir stoeiers wat nie by al die oefening kan uitkom nie.
Fooie moet asb elektronies betaal word:
FNB Tjekrekening
Tak Woodlands
Naam Pretoria Oos Stoei Klub
Rek nr 62613190602
Verwysing Faktuur nommer of Van en Stoeier se naam
Indien ‘n stoeier sou besluit om op te hou stoei, moet die klub 30 dae vooruit skriftelik in kennis gestel word. Fooie sal gehef word en betaalbaar wees tot tyd en wyl sodanige kennisgewing ontvang word. Kennisgewing van voorneme om op te hou stoei moet asb aan die klub by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. gestuur word.