Stoei, wat altyd gewild was in antieke Griekeland, het 'n prominente plek in die Olimpiese Spele beklee. Dit is deur antieke Grieke ontwikkel as 'n manier om soldate op te lei in hand-tot-hand-gevegte. Nadat die Grieke verslaan is, het die Romeinse Ryk geleen aan Griekse stoei, maar het baie van die brutaliteit uit die weg geruim.
Dit is een van die mees diverse sportsoorte ter wêreld met bykans 200 lande wat wêreldwyd deelneem. Stoei is tydens elke moderne somer-Olimpiese Spele, behalwe in Parys 1900 aangebied. Stoei bou vasberadenheid, ywer en deursettingsvermoë. Stoeiers is bekend vir hul werksetiek.
In Suid-Afrika is stoei afhanklik van vrywilligers, die ouers en stoeiers wat aan bykans 80 klubs regoor Suid-Afrika behoort en hul dienste beskikbaar stel. Pretria Oos Stoei klub is in die Noord-Gauteng streek geaffilieer wat by ‘n vereniging bekend as Noord-Gauteng Stoei.
Noord-Gauteng Stoei is ge-affilieer by die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie (SASF). Die SASF is weer ingelyf by organisasies soos: SASCOC (SA Olimpiese liggaam), CALA (Afrika liggaam) en UWW (United World Wrestling).